JOLINE & PIETER
Ons Gaan Trou!


Spesiale uitnodiging
Ons die afgelope paar jaar soveel troues bygewoon, en besef wat die belangrikste deel van trou is. Dis nie die kos, preek of selfs die trou fotos nie maar eerder die vriende en familie wat daar is om ons spesiale dag saam ons te geniet. Daarom het ons ongelooflike moeite gedoen om die beste, slimste, oulikste, snaakste en mees suksesvolste mense te kies vir ons troue. O ja en familie en vriende.
Sê yea of nay
Ons weet dit gaan n warm dag en lang pad wees vir baie mense so ons sal verstaan as julle dit nie kan maak nie. En moet asb nie sleg voel nie, geld is maar altyd n probleem. Vul asseblief die vorm in dat ons net weet of julle kom of nie.

Geloftes
My amper man
Ek het jou oneindig lief…..
Ons groot dag is om die draai en ek is so opgewonde om jou vroutjie te word, ek wil nie sê die beste dag van ons lewe is om die draai nie want, elke dag saam jou is amazing….
Jy het in my lewe in gestap en als in n oog wink verander. Ek vra soms myself wat het ek gedoen om so wonderlik man soos jy te verdien….Jy het my gewys wat onvoorwaardelike liefde is, jy het my geleer om n selfstandige vrou te wees en ook herhinner jy my elke dag (the sky is the limit) en dat ek my drome vol uit moet volg….
Ek trou nie net met jou oor die goeie tye nie maar oor hoe jy is met my in slegte tye. As ek siek is, is jy daar en as my lewe so nou en dan net uit mekaar wil val en ek weet nie hoe ek môre gaan face nie, hou jy my in jou arms en verseker jy my dat jy reg agter my is om my net weer op te tel en af te stof as ek val….
Dankie vir wie jy is !!! Ek raak somer emosioneel want, ek voel net so oneindig bevoorreg om n goeie man soos jy te kan hê
Liefde Joline
Liewe Joline,
Oor ‘n paar dae sluit my lewe by joune aan, nie net as jou man nie, maar as jou vriend, jou geliefde en jou vertroueling. Laat ek die skouer wees waarop jy leun, die rots waarop jy rus, die metgesel van jou lewe. Met jou sal ek ‘n pad stap van vandag af tot my laaste dag.
In jou oë het ek my ʼn huis gevind.
In jou hart het ek my liefde gevind.
In jou siel het ek my maat gevind.
By jou voel ek veilig, gelukkig en eindeloos entoesiasties.
Jy maak my lag. Jy laat my huil. (soms)
Jy is my alles!
Ek belowe om na jou raad te luister en dit af en toe te neem.
Ek belowe om nooit telling te hou nie … al is ek heeltemal besig om te wen.
Ek belowe om altyd jou groot, liefdevolle, vriendelike en vasberade hart te bewonder.
Ek belowe dat ek jou altyd sal liefhê.
Jy ken my beter as enige iemand in hierdie wêreld en op die een of ander manier slaag jy steeds daarin om my lief te hê. Jy is my beste vriend en ware liefde. Daar is nog ‘n deel van my wat nie kan glo dat ek die een is wat met jou gaan trou nie.
Ek belowe om ‘n getroue man te wees. Ek belowe om jou lief te hê wanneer die son skyn, as die reën val, in siekte en in gesondheid deur goeie en slegte tye.
Ons liefde is uniek omdat ons uniek is. Saam vorm ons ‘n mag wat teen enige ramp kan staan, ‘n liefde soos die wêreld nog nooit gesien het nie. Neem my hand, en as jou man, belowe ek om ons reis met eerlikheid en toewyding te begin.
Gallery


Troue Inligting
Hier is alles wat julle moet weet van die dag.

Onthaal
Karakoel Saal, Skougronde, Upington

Tyd en Datum
Kerk begin 16:30 op die 11de Januarie 2020

Verblyf
U kan op die link kliek om verblyf te sien in Upington.

Kleredrag
Dit gaan warm wees so trek koel klere aan. Net nie G-String n Plakkies nie.

Kerk
Roepersfontein, Schroder Straat, Upington

Weer
Volgens gemiddelde gaan die 11de Januariedit 35 wees maar dit kan maklik 42 ook wees.

Geskenke
Ons bind die knoop en ons kan nie wag,
Ons het al geweet in die eerste dag.
Ons huis is propvol liefde, glase, komberse en goed van kant
maar ‘n geldjie sal ons baie waardeer!
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Ons kan nie wag om saam julle te kuier nie!
Ons troue op 11 January in Upington, Northern Cape